“Go Buddy” – Die Teddiebeer wat Lewens Verander

Mon 17 Aug 2009, 08:48        0  Comment(s)     Email article
Report Abuse

“Go Buddy” kan sekerlik beskryf word as “die beer wat werklik omgee”, en hy gaan oor die volgende paar maande die hartklop wees van ‘n hele aantal spesiale liefdadigheidsprojekte regoor Suid-Afrika.

Buddy, die pragtige teddiebeer met die goue hart, gaan die einde van die maand in die pad val om aan te sluit by verskeie bekende Suid-Afrikaanse sterre vir ‘n besonderse projek.  

Die Go Buddy-projek is die geesteskind van  Pieter Cloete van GoLife Health Products, ‘n Knysna-gebaseerde maatskappy wie se natuurlike produkte daagliks lewens verander oor die hele land. Pieter se idee is dus om met die Buddy-projek ook lewens te verander… net op ‘n ander manier.    

Elke bekende, hetsy ‘n akteur, politikus, sportman, musikant, ens., sal vir ‘n tydperk van drie weke Buddy die Beer se tydelike “ouer” word. Gedurende hierdie drie weke sal Buddy se ster-ouer saam met hom ‘n gemeenskaps- of liefdadigheidsprojek voltooi. En Buddy sal hulle ook aanmoedig om hulle aanhangers betrokke te kry om te help met die projek.  

Te dankie aan ‘n wonderlike borgskap van Codan Produksies in Knysna, het Buddy ook ‘n DVD vrygestel wat presies verduidelik hoe ons ster ‘n projek moet kies en suksesvol aanpak.

Die idee is dat die beroemde persoon (met Buddy se insette natuurlik)‘n projek kies wat werklik ‘n verskil sal maak in die lewens van minderbevoorregte Suid-Afrikaners. Iets soos ‘n fondsinsameling of betrokkenheid by ‘n sopkombuis, die reël van ‘n spesiale dag vir ‘n tehuis vir bejaardes, ‘n skoonmaakprojek in ‘n arm gemeenskap, of die opknapping van ‘n arm enkelouer se huis, is almal voorbeelde van projekte wat vir Buddy na aan die hart lê en perfek sal inpas by die gees van die Go Buddy-projek.

Beatrix en Herman Hardick (beter bekend as Jackie en Ben van Villa Rosa op KykNet) was die eerste beroemdes wat vir Buddy ingeneem het as tydelike ouers. Herman het ook die Graad-6 leerlinge van die Oakhill Skool in Knysna by hulle Buddy-projek betrek.  

Hulle het besluit om ‘n spesiale “goed-voel” dag te reël vir die inwoners van ‘n plaaslike tehuis vir bejaardes, Loeriehof. Beatrix het heerlike versnapperings geborg, en die Graad-6 leerlinge het geld ingesamel vir 80 pragtige rooi rose wat aan die spesiale senior burgers uitgedeel is.  

The mensies van Loeriehof was almal in hulle element oor al die aandag en bederf, en almal het dit baie geniet. Daar is selfs gedans op die maat van ‘n lekker Weskus liedjie.

“Ek het sommer trane in my oë gekry om hierdie mensies so te sien… en party van hulle het glad nie eers meer familie nie” het ‘n duidelik emosionele Beatrix na die tyd opgemerk.   

Ondersteun vir Buddy op sy wonderlike reis en volg sy vordering op Facebook en ook op sy webwerf wat binnekort beskikbaar sal wees.

Topics:  beatrix erasmus   pieter cloete   buddy   go buddy   go life   charity   gemeenskaps diens   love   liefde  

Post 
| Previous Post

Refresh Comments
Add your comment
Click here to sign-in and add your comment.
[Close window]

Post Reply

Tools

Help!

User Profile

Go Life

is working on our marketing plan and strategy for 2010..

Gender: Male Send Message Send Message
City: Knysna Add to Friends Add to friends
Country: South Africa Block Block user

Stats

Afrigator Rank

Views: 1782
Comment(s): 19
Rating:
Get in-depth stats on your blog and see where you rank on 24.com and in the whole of SA. Click here to activate.

Subscribe to this blog

Subscribe to email updates from this blog

Subscribe to RSS updates from this blog

Invite

You have 3 subscriber(s)

Badges

(1)

Fans

Hopestar

(0)

Blog Roll

Recently Updated Blogs

The Life Quest All-Rounder sickntired sickntired A Bipolar J... Sonneblom
Fitness Edi... FitnessEd OneThirdOff OneThirdOff thefattruth the general

Archive

janfebmaraprmayjun
julaugsepoctnovdec
janfebmaraprmayjun
julaugsepoctnovdec