Die Suid-Kaap: Vrugbare ekonomiese ontwikkeling te midde van droogte en resessie
Wed 28 Apr 2010, 17:13 0 Comment(s) Email article Report AbuseHoewel die Suid-Kaap tans gebuk gaan onder die ergste droogte in meer as 100 jaar, en dit nog te midde van ‘n knellende resessie, moet die Suid-Kapenaars se vermoë om terug te veg en selfs te vernuwe nie onderskat word nie.
Omdat die ekonomiese kern van die land tradisioneel maar gevestig is in die groter metropolitaanse gebiede, en meer spesifiek ook heelwat meer Noord, word die Tuinroete nou nie eintlik om die braavleisvure in dieselfde asem genoem as van die ander “swaargewig”-ekonomiese groeipunte nie.
Die afgelope dekade of twee het al hoe meer “Noorderlinge” egter groener en dalk veiliger weivelde agter die Outeniekwaberge gaan soek, en soos wat die meubeltrokke die berg een-vir-een oorgesteek het, is die Suid-Kaap se intellektuele kapitaal op ekonomiese gebied stil-stil so aangevul dat hierdie area se prominensie as ekonomiese groeipunt beslis nie meer gering geskat moet word nie.
Dit is sekerlik voor-die-hand-liggend dat sektore soos eiendom en kleinhandel baie baat gevind het by hierdie invloei uit die noorde, maar verrassend genoeg is daar ook ander sektore wat hulle stemme begin dik maak daar van agter die berg.
Omdat die Tuinroete nog altyd maar sinoniem was met vrugbaarheid en die natuur, is dit seker ook nie te veel van ‘n verrassing dat ‘n paar maatskappye in natuurlike gesondheidsorg spesialiseer hulle wortels hier ingeslaan het nie.
Een van die spelers in hierdie sektor wat vinnig opgang maak is Go Life Health Products. Go Life, met sy hoofkantoor in die gewilde kusdorp, Knysna, bemark en versprei ’n omvattende reeks natuurlike gesondheidsprodukte wat ontwikkel is deur ’n prominente wetenskaplike en mediese dokter van George, Dr. Henry Davis. Dr. Davis het al die produkte in die Go Life-reeks ontwikkel in sy laboratorium wat weer in George, ook in die Suid-Kaap, gesetel is. Wat ook interessant is is die feit dat Dr. Davis se pa die persoon is wie die baie bekende “Slow Mag” produk ontwikkel het. Hierdie briljante wetenskaplike het beslis ’n gesonde dosis van sy bekende pa se gene geërf, en het so te sê grootgeword in ’n laboratorium. Met sy uitsonderlike reeks produkte en patente het Dr. Davis junior beslis sy pa se nalatenskap van krag tot krag laat groei.
GoLife se ontstaan vloei voort uit die bestaan van ’n sustermaatskappy, Gotha Pharmaceuticals, wat reeds sedert 2000 Dr. Davis se produkte op 'n kommersiële skaal vervaardig en versprei.
Daar is eintlik 'n baie menslike verhaal agter die ontstaan van GoLife. Die stigter van Go Life het van die Gotha produkte by 'n vriend gekry, wat hom genees het van 'n kwaal waarmee hy vir baie jare gesukkel het. Hy het Dr. Davis genader om uit te vind waar hy nog van hierdie produkte kon kry, en toe hy hoor dat die produkte op daardie tydstip nog net in die Oos Kaap bemark is, het het hy die regte verkry om die Gotha-produkte onder 'n nuwe handelsnaam, GoLife, in die res van die land te versprei.
Die produkte is tans al beskikbaar by meer as tweehonderd privaat apteke en gesondheidswinkels, al die Shoprite Checkers Medirite apteke, asook die Pick n Pay Hipermark apteke, en die verspreidingsnetwerk groei steeds op ’n daaglike basis.
Go Life het ook onlangs 40-miljoen voorkeuraandele teen R1 elk op die mark uitgereik.
Go Life hoop om só beleggings van R40-miljoen te lok wat sy kapitaal vir verdere uitbreiding ’n gesonde hupstoot sal gee.
Go Life Health Products Ltd. se prospektus is op 19 Maart 2010 by die Registrateur van Maatskapye geregistreer, en hulle bied vir die belegger ‘n buitengewone opbrengs van 18.5% per jaar, voor belasting, wat uitwerk op ‘n vaste jaarlikse dividende van 12% na belasting oor ‘n beleggingstermyn van drie jaar. Dividende sal op ’n maandelikse grondslag aan beleggers uitgekeer word.
Die geprojekteerde opbrengs wat Go Life aanbied is realisties en is ge-oudit deur ‘n baie prominente ouditeersfirma.
Voorkeuraandele word deur baie kenners as relatief aantreklik beskou wanneer dit vergelyk word met die opbrengs van ander beleggingsinstrumente soos byvoorbeeld die geldmark, veral in tye soos tans waar die prima-koers relatief laag is.
Go Life voorkeuraandele is nie-kumulatief, nie-deelnemend, en is aflosbaar na ‘n termyn van drie jaar. Aandeelhouers sal nie oor stemreg beskik nie en dit is nie omskepbaar in gewone aandele nie.
Voorkeur aandele word verder beskou as van 'n hoër waarde as gewone aandele, omdat voorkeuraandeelhouers voorkeur geniet bo gewone aandeelhouers wanneer dit kom by terugbetaling van hulle kapitaal.
Met die kapitaal wat verkry word gaan Go Life Health Products (Ltd) ’n meer omvattende nasionale bemarkingsveldtog loods ten einde die handelsmerk en blootstelling verder uit te bou, en ook ‘n bestaande reeks gepatenteerde produkte oorkoop om die bestaande produkreeks uit te brei.
As deel van proses gaan die werksaamhede van Go Life se voorloper en sustermaatskappy, Gotha Pharmaceuticals, ook met dié van die maatskappy geïnkorporeer word.
Verder gaan Go Life ook verdere mediese proewe befonds vir verskeie formules wat reeds oor die laaste drie jaar in Dr. Davis se laboratorium ontwikkel is. Die Direksie van Go Life beoog ook om later die werksaamhede van die maatskappy uit te brei na verder as die landsgrense.
Go Life Health Products (Ltd) is deel van die steeds groeiende komplementêre- en alternatiewe medikasiemark in Suid-Afrika van meer as R3,5-biljoen per jaar. Ongeveer 65% van hierdie mark word verteenwoordig deur nutraseutiese produkte soos vitamiene, minerale en gesondheidsaanvullings. Die ander 35% word verteenwoordig deur voedsel, kruie, energiemiddels, en produkte vir aromaterapie en homopatie. Go Life produkte word verteenwoordig in verskeie segmente van die mark soos hierbo uiteengesit.
George Bernard Shaw het gesê mense wat in die lewe vooruitgaan, is mense wat uitgaan om na geleenthede te gaan soek. En as hulle dit nie kry nie, maak hulle dit. Wie weet... indien die geagte mnr. Shaw nog met ons sou wees, sou hy nie straks dieselfde van die opkomende ekonomiese generasie uit die Suid-Kaap gesê het nie?
Topics: beleggings ekonomie geld investment go life golife pieter cloete
| [Close window] |
Post Reply |
|
|
User Profile
Go Life
is working on our marketing plan and strategy for 2010..
| Gender: | Male |
|
Send Message |
| City: | Knysna | ![]() |
Add to friends |
| Country: | South Africa | ![]() |
Block user |
Stats
Afrigator Rank
| Views: | 1778 |
| Comment(s): | 19 |
| Rating: |
| Get in-depth stats on your blog and see where you rank on 24.com and in the whole of SA. Click here to activate. |
Subscribe to this blog
Subscribe to email updates from this blog
|
|
Subscribe to RSS updates from this blog |
Invite
You have 3 subscriber(s)
Badges
- Die Suid-Kaap: Vru...2010/04/28 05:13:53 PM
- TOP 10 fruits for ...2010/02/03 09:06:47 AM
- Why aren't you usi...2010/01/26 03:13:55 PM
- Rooibos and your h...2010/01/21 08:48:53 AM
- THE POWER OF CARNI...2010/01/19 11:27:22 AM



Add your comment